Search This Blog
Friday, December 10, 2010
Rooy Reis Resepte
Rooy Reis Resepte Vol 1
Bestandele:
500g Self-raising flour
‘n Blik bier
Teelepel sout
Een Bar-one
Metode:
- Meng Bier, sout en meel todat brood deeg ontstaan.
- Laat deeg toe om te rys in warm plek.
- Maak broodrolletjies met Gedeelte van bar-one sjokelade in die middle van deeg toegevou.
- sit op vuur todat Brood gaar is.
- Voila!
- Gereg word beste bedien in Springbok se Karavaanpark.
- Bar-one kan ook vervang word met Tamatie, uie en Kaas indien jy jouself op die Weskus bevind.
Dag 5 en 6
Vanaand tik ek met ‘n whiskey en die sonsondergang oor die see. Die weskus-mense is harts mense. So ruk terug, toe dit al redelik donker is maar ons nog nie ons lig aangesit het nie, het hier ‘n oom by ons aangekom met een van sy eie ligte. “’n Man kan mos nou nie soe innie doenkerte ansukkel nie.” Het hy gesê toe hy die lig uithou na ons toe.
Vir die volgende twee aande slaap ons op Koingaas karavaan Park teen die Weskus. Hier moes ons ‘n permit kry om in te kom, en is in die hart van die Namakwa diamante gebied. Na die vorige skryf he tons van Augrabies na Springbok gery. 380km met net een dorp… en dit het gevoel soos net een draai in die pad. Op Springbok he tons by die Munisipale karavaan park gestaan. Hier was die swembad ‘n lafenis en die stukkies groen gras het soos ‘n oase teen die strak bruin landskap gelyk. Hier he tons tot laat gelê en luister hoe RSG deur ons bure se klein radio’tjie stoot en die trokke lawaai op die grootpad naby die kamp.
Maar daai geraas het ons agter gelos in Springbok, want vanaand is dit net ons en die see wat ons geselskap hou. ‘n Whiskey hou die gesprek aan die gang, en die sonsondergang gee vir ons iets om te bespreek. Dis oor hierdie rede dat Weskus mense seker sulke hartsmense is…
Tuesday, December 7, 2010
Dag 2, 3 en 4
“Dink jy darm nog aan my…” stoot deur die pioneer radio voor in die kar soos ons wegry van Witsand Natuur reservaat af. Groep 2 het verseker nie Witsand in gedagte gehad toe hulle hierdie treffer opgeneem het nie, maar dis juis wat Witsand jou vra: “Dink jy darm nog?”
Hierdie is dink wêreld. Dit laat jou weer dink aan daai goedjies wat jy weg gebêre het. Wat jy later sal uitsorteer. Hierdie is waarheen jy kom om dit stukkie vir stukkie op te los.
Die enigste manier om by hierdie natuur reservaat uit te kom is grondpad. Tenminste 45km. Maar dis elke stamp, dip en gly werd. Van so 5 Km buite die reservaat begin daar so elke nou en dan ‘n spierwit duin oor die horizon loer. “Maar ek dog jy is in die Kalahari?” dink jy so in die ry. 500km van die weskus af (soos die kraai vlieg) om presies te wees. Hierdie duine is, volgens die inligtings bord by die reservaat, in die prehistoriese era van die Namib woestyn af hierheen gewaai. Maar ek’t ‘n ander idee van hoe hierdie duine dalk ontstaan het. Waneer jy op die uitkykpunt ‘n ent weg van hierdie duine af staan, kry mens die gevoel dat daar so klein bietjie sand uit ons Vader se hand geval het to hy besig was om die Namib te maak. Die het tot ruste gekom in die noordelike Karoo. Ek kan amper sien hoe die Here dink: “Kyk nou hoe mooi lyk dit, en die jongmense (en ouer mense as my pa in ag geneem word) sal so lekker daar kan speel. Ek los dit sommer daar.” En so gesê, so gedaan. Kom dink bietjie, nooi die duine jou uit, soos mens die reservaat binnery.
Hierdie spierwit sanduine en omliggende bossie-veld is waar ons onsself bevind het vir die derde aand van ons Roadtrip. Die kamp, fassiliteite en omgewing (en die sterre) is werklik puik. ‘n Klein stukkie hemel. Die aand voor dit het ons op Red Sands buite Kuruman geslaap. Hier was die faslititeite ook billik en die omgewing rustig en mooi.
Vandaar was ons oppad Keimoes toe om op die oewer van die Oranje rivier te slaap, maar het toe soos ons in die Info-kantoor op Upington gestaan het van plan verander. 40km ekstra en hier sit ons nou. In die Augrabies Nationale Park. Die omgewing is iets onwerklik en die valle, park en valley lyk soos iets buite ons wêreld. Ek kry elke nou en dan die gevoel dat ‘n Cowboy op sy perd uit die verte aangery gaan kom. Een ding wat wel van hierdie plek genoem moet word: Dis WARM, nie desember dag op die Strand warm nie. Mense vra jou hoe die water gevoel het nog voor jy in die swembad gespring het. Ek neem hulle nie kwalik nie. Enige iemand sou sponat gesweet wees in die weer.
Ons stap die kantoor binne en die eerste ding wat ek besef is die skielike tempratuur verskil. Hier het ‘n Refrigaration technician defnitief sy deel gedoen. Die vroutjie in ‘n natuurbewarings uniform groet ons vriendlik en gee vir ons klomp vorms om in te vul. Dan sien sy hoe lees my pa die bord wat agter haar staan gemaak is. Verwagte maks: 36’C. “Daai is Upington se weer, meneer. Jy kan maar so drie of vier grade bytel.” “En ons moet nog die tent opslaan!” Vang ek myself dink.
Dag 2: Lichtenburg > Kuruman (338km)
'n Koue lafenissie na 'n warm dag in die Noordkaap.
Dag 3: Kuruman > Witsand (289km)
Awesome woestyn landskappe in die karoo
'n Paar van witsand se sterre
Dag 4: Witsand > Augrabies Nationale Park (Via Volop 332km)
Die valle in al hulle glorie!
Saturday, December 4, 2010
Dag 1: Johannesburg > Lichtenburg (271km)
“Proe maar” sê die man met die Wilson hoedjie aan.
“Nee, eks reg dankie.”
“Ja, dis wat almal sê. Tot hulle proe.” ek buig toe maar oor die man se skottelbraai en breek vir my ‘n stukkie van af. “Dis die beste boerewors wat jy sal kry hier rond.”
Ek hap die stukkie en sien dan hoe staan en kyk hy afwagtend na my. “Baie lekker” Antwoord ek met die kos nog in my mond.
“My vrou gaan my hard beetkry vanaand,” begin hy weer. “ek moes nou al op die vyfde gaatjie gewees het. Klomp van my sanger pelle is vanaand hier in die dorp en hulle het my genooi vir ‘n rondte. Bok en daai manne. Maar nie op Koster in diè son nie. Hier loop mens vier-vier in die dag saam want as die son jou alleen vang brand hy jou mors dood. Soek jy iets om te drink, Ram?” las hy by en wys na sy bottle brannewyn
Ek sê nee vir die aanbod en verduidelik dat ons nog ‘n ent he tom te ry vandag.Ek groet toe maar, vat ons takeaways en klim in die kar. Soos ons wegry hoor ek op die radio dat die enigste Bok sanger wat ek van weet, vanaand in Pretoria optree.
Vandag was die eerste dag, en na die puzzle-bou wat ons pak noem, het ons die pad verby Hartebeespoortdam, Rustenburg en Koster na Lichtenburg gevat. Vinnig na ons tent opgeslaan het by die Vakansie oord en deur die swembad geduik het om die ergste hitte weg te jaag, het ons die dorp aangepak om rugby te gaan kyk. Dit he tons gedoen in die Bosveld bar waar ons Barman Jaco elke wens voltooi het. Aandete vanaand is ‘n tjoppie op ‘n bun met so snytjie tamatie. As jy die dak van sterre waaronder ons eet na kyk, dan weet jy hierdie is ‘n koningsmaal. More is ons oppad Kuruman toe.
Dag 1 Ratings:
Omgewing: 5/10
Pad: 2/10 (veral tussen Koster en Lichtenburg is baie sleg)
Slaapplek: 7/10Die reisigers voor Koster se ou meul
Kampplek vir die aand
Friday, December 3, 2010
Alles werk uit soos dit moet...
Okay... Hierdie blog kom nie uit Botswana nie. Ek sit op die bank in Johannesburg. Die laaste paar dae was teleurstelling op teleurstelling. Eers het die kar waarmee ons ry begin probleme gee. Toe hulle dit probeer reg maak het hulle gese ons trip gaan vir twee dae moet uitgestel word. Toe ons kla gepak is en reg om te ry, en die Ghries-monkey besig is om die laaste paar goedjies met die kar reg te doen, gaan daar nog iets verkeerd en se hulle vir ons dit gaan nog vyf dae vat.
Op hierdie punt besluit ons toe om die pad botswana toe aan te vat met 'n ander kar. Die kar het net 'n paar papiere gekort en toe sou ons nes ons vanoggend dit uitgesort het die pad vat. Maar nee, 'n staatsamptenar se toe dit gaan 'n volle 3 werksdae vat om te kry. En sonder hierdie papiere gaan ons nie die voertuig oor die grens kry nie.
Dit was toe ons 'n besluit moes maak. Stel ons die toer af of gaan ons iewers anders heen? So hier is die plan:
More oggend ry ek en my pa. Ons gaan binne die grense van ons mooi land toer. Die plekke wat ons besoek is welbekend in Suid-Afrika se geskiedenis en legende boeke. Hier is 'n roete van ons trip waarop ons more vertrek:

Jo'burg > Rustenburg > Koster > Lichtenburg > Sannieshof > Delareyville > Vryburg > Kuruman > Hotazal > Kathu > Oliefantshoek > Witsand > Volop > Groblershoop > Upington > Kakemas > Pofadder > Springbok > Kleinsee > Koingaas > Hondeklipbaai > Garies > Bitterfontein > Van Ryns > Calvinia > Sakrivier > Brandvlei > Vanwyksvlei > Prieska > Kimberley > Bloemhof dam > Jo'Burg
Ons beplan om hierdie roete in 13 dae te ry en van die Hoogte punte wat ons gaan besoek is: Witsand Natuur reservaat, Koingnaas aan die Weskus, Die Van Rooyen Hospitaal in Garies waar JHP van Rooyen die eerste (My oupa grootjie) die hoeksteen gelê het, en Verneukpan.
Ons sal elke nou en dan bietjie ons ervaringe deel en julle op hoogte hou met ons foto's. Hoop julle vergesel ons op hierdie toer.
Tuesday, November 30, 2010
T- Minus 24hours!
Okay okay... Ek weet ek moes al 'n week terug in Botswana wees, maar die planne het bietjie verander. Weens akademiese kwessies (Ja, ekt geher) moes ons die trippie bietjie uitstel. Maar op Woensdag 1 Desember 2010 vat ons die pad Noorde toe aan. Voor ons wegtrek het ek gedink ek gaan net so bietjie ons roete met julle almal deel.
Johannesburg - Tom Burke/Martins Drift Grenspos
Tom Burke - Nata
Nata - Chobe River Lodge
Chobe River Lodge - Livingstone
Livingstone - Katima Mulilo
Katima Mulilo - Popa Valle
Popa Valle - Shakawe
Shakawe - Ngami Pan
Ngami Pan - Maun
Maun - Mopipi
Mopipi - Motolo
Motolo - Martins Drift
Martins Drift - Johannesburg
Ons beplan om nie elke dag te ry nie, en sal rus dae hier en daar inwerk. Maar die presiese hoeveelheid aande weet ons nie. Dit sal op die pad besluit word, of as ons 'n nice kampplek ontdek. Oor die update van die blog is ons ook nie seker nie, want Internet konneksies in Afrika is maar skaars. Maar waneer ons kan update, doen ons dit.
Hoop julle geniet die trippie saam met ons, en mag julle 'n lekker rustige vakansie hê.

Friday, November 5, 2010
Let the Countdown begin...
(deur Jnr)
Oor 18dae is dit ek, my pa en die onbekende, ongerepte natuur. Hier waar ek in die middel van my finale eksamen van my graad sit voel dit nog vrek ver weg! In daardie 18 dae moet ek nog twee eksamen vraestelle skryf, my goed oppak vir die groot trek huistoe, die 94.7 Cycle Challenge ry en dan nog pak en beplan vir die roadtrip wat ek nog my hele lewe lank wou doen. En dit is juis oor daardie roadtrip wat hierdie blog gaan:
Op die 23e November 2010 gaan ek en my pa vertrek op 'n ekspidisie van soort. Ons vertrek van ons huis in Johannesburg met 'n baie vaste mikpunt: ons huis in Johannesburg. Jy sien, dis die spesiale ding van hierdie roadtrip. Daar is 'n baie bekende sê-ding wat lees: "Life is about the journey, not the destination." In hierdie geval is die "journey" eintlik ook die "destination." Dit is nie oor waarheen ons gaan nie, maar dat ons gaan. Nie oor wat ons gaan sien nie, maar oor die herhinneringe, ervarings en fotos wat 'n 53-jarige man en sy 21-jarige seun saam gaan vasvang.
Hierdie blog is nie net 'n manier on die gesin en vriende by die huis op hoogte te hou nie, maar om rekord te hou van dinge wat so maklik vergeet word. Klein dinge wat dag-tot-dag gaan gebeur met ons op hierdie toer, maar wat eendag stories vir die kleinkinders gaan word. Elke blog-post sal aan die begin noem of dit deur die my (Jnr) of my pa (Snr) geskryf is.
So hiermee nooi ek julle namens my en my pa uit om deel te word van ons geselskap soos ons deur Botswana, Zambie en Namibia toer. Ons besoek op hierdie toer 'n paar wêreld bekende landmerke, kamp op vreemde plekke en sien amazing dinge. Hierdie toer is nie net vir nou nie. Ek droom dat ek eendag om 'n kampvuur vir my seun van hierdie toer kan vertel, terwyl ek en hy ook iewers op so 'n toer sit. En dalk hy eendag ook vir sy seun. Mag dit die begin van groot dinge wees.

Sunday, October 24, 2010
Subscribe to:
Posts (Atom)