“Proe maar” sê die man met die Wilson hoedjie aan.
“Nee, eks reg dankie.”
“Ja, dis wat almal sê. Tot hulle proe.” ek buig toe maar oor die man se skottelbraai en breek vir my ‘n stukkie van af. “Dis die beste boerewors wat jy sal kry hier rond.”
Ek hap die stukkie en sien dan hoe staan en kyk hy afwagtend na my. “Baie lekker” Antwoord ek met die kos nog in my mond.
“My vrou gaan my hard beetkry vanaand,” begin hy weer. “ek moes nou al op die vyfde gaatjie gewees het. Klomp van my sanger pelle is vanaand hier in die dorp en hulle het my genooi vir ‘n rondte. Bok en daai manne. Maar nie op Koster in diè son nie. Hier loop mens vier-vier in die dag saam want as die son jou alleen vang brand hy jou mors dood. Soek jy iets om te drink, Ram?” las hy by en wys na sy bottle brannewyn
Ek sê nee vir die aanbod en verduidelik dat ons nog ‘n ent he tom te ry vandag.Ek groet toe maar, vat ons takeaways en klim in die kar. Soos ons wegry hoor ek op die radio dat die enigste Bok sanger wat ek van weet, vanaand in Pretoria optree.
Vandag was die eerste dag, en na die puzzle-bou wat ons pak noem, het ons die pad verby Hartebeespoortdam, Rustenburg en Koster na Lichtenburg gevat. Vinnig na ons tent opgeslaan het by die Vakansie oord en deur die swembad geduik het om die ergste hitte weg te jaag, het ons die dorp aangepak om rugby te gaan kyk. Dit he tons gedoen in die Bosveld bar waar ons Barman Jaco elke wens voltooi het. Aandete vanaand is ‘n tjoppie op ‘n bun met so snytjie tamatie. As jy die dak van sterre waaronder ons eet na kyk, dan weet jy hierdie is ‘n koningsmaal. More is ons oppad Kuruman toe.
Dag 1 Ratings:
Omgewing: 5/10
Pad: 2/10 (veral tussen Koster en Lichtenburg is baie sleg)
Slaapplek: 7/10Die reisigers voor Koster se ou meul
Kampplek vir die aand
No comments:
Post a Comment