“Dink jy darm nog aan my…” stoot deur die pioneer radio voor in die kar soos ons wegry van Witsand Natuur reservaat af. Groep 2 het verseker nie Witsand in gedagte gehad toe hulle hierdie treffer opgeneem het nie, maar dis juis wat Witsand jou vra: “Dink jy darm nog?”
Hierdie is dink wêreld. Dit laat jou weer dink aan daai goedjies wat jy weg gebêre het. Wat jy later sal uitsorteer. Hierdie is waarheen jy kom om dit stukkie vir stukkie op te los.
Die enigste manier om by hierdie natuur reservaat uit te kom is grondpad. Tenminste 45km. Maar dis elke stamp, dip en gly werd. Van so 5 Km buite die reservaat begin daar so elke nou en dan ‘n spierwit duin oor die horizon loer. “Maar ek dog jy is in die Kalahari?” dink jy so in die ry. 500km van die weskus af (soos die kraai vlieg) om presies te wees. Hierdie duine is, volgens die inligtings bord by die reservaat, in die prehistoriese era van die Namib woestyn af hierheen gewaai. Maar ek’t ‘n ander idee van hoe hierdie duine dalk ontstaan het. Waneer jy op die uitkykpunt ‘n ent weg van hierdie duine af staan, kry mens die gevoel dat daar so klein bietjie sand uit ons Vader se hand geval het to hy besig was om die Namib te maak. Die het tot ruste gekom in die noordelike Karoo. Ek kan amper sien hoe die Here dink: “Kyk nou hoe mooi lyk dit, en die jongmense (en ouer mense as my pa in ag geneem word) sal so lekker daar kan speel. Ek los dit sommer daar.” En so gesê, so gedaan. Kom dink bietjie, nooi die duine jou uit, soos mens die reservaat binnery.
Hierdie spierwit sanduine en omliggende bossie-veld is waar ons onsself bevind het vir die derde aand van ons Roadtrip. Die kamp, fassiliteite en omgewing (en die sterre) is werklik puik. ‘n Klein stukkie hemel. Die aand voor dit het ons op Red Sands buite Kuruman geslaap. Hier was die faslititeite ook billik en die omgewing rustig en mooi.
Vandaar was ons oppad Keimoes toe om op die oewer van die Oranje rivier te slaap, maar het toe soos ons in die Info-kantoor op Upington gestaan het van plan verander. 40km ekstra en hier sit ons nou. In die Augrabies Nationale Park. Die omgewing is iets onwerklik en die valle, park en valley lyk soos iets buite ons wêreld. Ek kry elke nou en dan die gevoel dat ‘n Cowboy op sy perd uit die verte aangery gaan kom. Een ding wat wel van hierdie plek genoem moet word: Dis WARM, nie desember dag op die Strand warm nie. Mense vra jou hoe die water gevoel het nog voor jy in die swembad gespring het. Ek neem hulle nie kwalik nie. Enige iemand sou sponat gesweet wees in die weer.
Ons stap die kantoor binne en die eerste ding wat ek besef is die skielike tempratuur verskil. Hier het ‘n Refrigaration technician defnitief sy deel gedoen. Die vroutjie in ‘n natuurbewarings uniform groet ons vriendlik en gee vir ons klomp vorms om in te vul. Dan sien sy hoe lees my pa die bord wat agter haar staan gemaak is. Verwagte maks: 36’C. “Daai is Upington se weer, meneer. Jy kan maar so drie of vier grade bytel.” “En ons moet nog die tent opslaan!” Vang ek myself dink.
Dag 2: Lichtenburg > Kuruman (338km)
'n Koue lafenissie na 'n warm dag in die Noordkaap.
Dag 3: Kuruman > Witsand (289km)
Awesome woestyn landskappe in die karoo
'n Paar van witsand se sterre
Dag 4: Witsand > Augrabies Nationale Park (Via Volop 332km)
Die valle in al hulle glorie!
No comments:
Post a Comment