Op hierdie punt besluit ons toe om die pad botswana toe aan te vat met 'n ander kar. Die kar het net 'n paar papiere gekort en toe sou ons nes ons vanoggend dit uitgesort het die pad vat. Maar nee, 'n staatsamptenar se toe dit gaan 'n volle 3 werksdae vat om te kry. En sonder hierdie papiere gaan ons nie die voertuig oor die grens kry nie.
Dit was toe ons 'n besluit moes maak. Stel ons die toer af of gaan ons iewers anders heen? So hier is die plan:
More oggend ry ek en my pa. Ons gaan binne die grense van ons mooi land toer. Die plekke wat ons besoek is welbekend in Suid-Afrika se geskiedenis en legende boeke. Hier is 'n roete van ons trip waarop ons more vertrek:
Jo'burg > Rustenburg > Koster > Lichtenburg > Sannieshof > Delareyville > Vryburg > Kuruman > Hotazal > Kathu > Oliefantshoek > Witsand > Volop > Groblershoop > Upington > Kakemas > Pofadder > Springbok > Kleinsee > Koingaas > Hondeklipbaai > Garies > Bitterfontein > Van Ryns > Calvinia > Sakrivier > Brandvlei > Vanwyksvlei > Prieska > Kimberley > Bloemhof dam > Jo'Burg
Ons beplan om hierdie roete in 13 dae te ry en van die Hoogte punte wat ons gaan besoek is: Witsand Natuur reservaat, Koingnaas aan die Weskus, Die Van Rooyen Hospitaal in Garies waar JHP van Rooyen die eerste (My oupa grootjie) die hoeksteen gelĂȘ het, en Verneukpan.
Ons sal elke nou en dan bietjie ons ervaringe deel en julle op hoogte hou met ons foto's. Hoop julle vergesel ons op hierdie toer.
No comments:
Post a Comment