Search This Blog

Friday, November 5, 2010

Let the Countdown begin...

(deur Jnr)

Oor 18dae is dit ek, my pa en die onbekende, ongerepte natuur. Hier waar ek in die middel van my finale eksamen van my graad sit voel dit nog vrek ver weg! In daardie 18 dae moet ek nog twee eksamen vraestelle skryf, my goed oppak vir die groot trek huistoe, die 94.7 Cycle Challenge ry en dan nog pak en beplan vir die roadtrip wat ek nog my hele lewe lank wou doen. En dit is juis oor daardie roadtrip wat hierdie blog gaan:

Op die 23e November 2010 gaan ek en my pa vertrek op 'n ekspidisie van soort. Ons vertrek van ons huis in Johannesburg met 'n baie vaste mikpunt: ons huis in Johannesburg. Jy sien, dis die spesiale ding van hierdie roadtrip. Daar is 'n baie bekende sê-ding wat lees: "Life is about the journey, not the destination." In hierdie geval is die "journey" eintlik ook die "destination." Dit is nie oor waarheen ons gaan nie, maar dat ons gaan. Nie oor wat ons gaan sien nie, maar oor die herhinneringe, ervarings en fotos wat 'n 53-jarige man en sy 21-jarige seun saam gaan vasvang.

Hierdie blog is nie net 'n manier on die gesin en vriende by die huis op hoogte te hou nie, maar om rekord te hou van dinge wat so maklik vergeet word. Klein dinge wat dag-tot-dag gaan gebeur met ons op hierdie toer, maar wat eendag stories vir die kleinkinders gaan word. Elke blog-post sal aan die begin noem of dit deur die my (Jnr) of my pa (Snr) geskryf is.

So hiermee nooi ek julle namens my en my pa uit om deel te word van ons geselskap soos ons deur Botswana, Zambie en Namibia toer. Ons besoek op hierdie toer 'n paar wêreld bekende landmerke, kamp op vreemde plekke en sien amazing dinge. Hierdie toer is nie net vir nou nie. Ek droom dat ek eendag om 'n kampvuur vir my seun van hierdie toer kan vertel, terwyl ek en hy ook iewers op so 'n toer sit. En dalk hy eendag ook vir sy seun. Mag dit die begin van groot dinge wees.

1 comment:

  1. Die kar se shocks is vervang, die kezaws is reggemaak en daar is 2 nuwe bande voor. Nou vir 'n diens en dan begin die aankope.

    Sukkel ook nog met paar reelings maar as dit nie uitwerk nie sal ons iewers kry om uit te kamp ... naby olifante of slange????

    Het ook sommer klaar 'n stel van 3 macro lense gekoop om die klein dingetjies te kan afneem.

    ReplyDelete