Search This Blog

Tuesday, November 30, 2010

T- Minus 24hours!

Okay okay... Ek weet ek moes al 'n week terug in Botswana wees, maar die planne het bietjie verander. Weens akademiese kwessies (Ja, ekt geher) moes ons die trippie bietjie uitstel. Maar op Woensdag 1 Desember 2010 vat ons die pad Noorde toe aan. Voor ons wegtrek het ek gedink ek gaan net so bietjie ons roete met julle almal deel.

Johannesburg - Tom Burke/Martins Drift Grenspos
Tom Burke - Nata
Nata - Chobe River Lodge
Chobe River Lodge - Livingstone
Livingstone - Katima Mulilo
Katima Mulilo - Popa Valle
Popa Valle - Shakawe
Shakawe - Ngami Pan
Ngami Pan - Maun
Maun - Mopipi
Mopipi - Motolo
Motolo - Martins Drift
Martins Drift - Johannesburg

Ons beplan om nie elke dag te ry nie, en sal rus dae hier en daar inwerk. Maar die presiese hoeveelheid aande weet ons nie. Dit sal op die pad besluit word, of as ons 'n nice kampplek ontdek. Oor die update van die blog is ons ook nie seker nie, want Internet konneksies in Afrika is maar skaars. Maar waneer ons kan update, doen ons dit.

Hoop julle geniet die trippie saam met ons, en mag julle 'n lekker rustige vakansie hê.

Friday, November 5, 2010

Let the Countdown begin...

(deur Jnr)

Oor 18dae is dit ek, my pa en die onbekende, ongerepte natuur. Hier waar ek in die middel van my finale eksamen van my graad sit voel dit nog vrek ver weg! In daardie 18 dae moet ek nog twee eksamen vraestelle skryf, my goed oppak vir die groot trek huistoe, die 94.7 Cycle Challenge ry en dan nog pak en beplan vir die roadtrip wat ek nog my hele lewe lank wou doen. En dit is juis oor daardie roadtrip wat hierdie blog gaan:

Op die 23e November 2010 gaan ek en my pa vertrek op 'n ekspidisie van soort. Ons vertrek van ons huis in Johannesburg met 'n baie vaste mikpunt: ons huis in Johannesburg. Jy sien, dis die spesiale ding van hierdie roadtrip. Daar is 'n baie bekende sê-ding wat lees: "Life is about the journey, not the destination." In hierdie geval is die "journey" eintlik ook die "destination." Dit is nie oor waarheen ons gaan nie, maar dat ons gaan. Nie oor wat ons gaan sien nie, maar oor die herhinneringe, ervarings en fotos wat 'n 53-jarige man en sy 21-jarige seun saam gaan vasvang.

Hierdie blog is nie net 'n manier on die gesin en vriende by die huis op hoogte te hou nie, maar om rekord te hou van dinge wat so maklik vergeet word. Klein dinge wat dag-tot-dag gaan gebeur met ons op hierdie toer, maar wat eendag stories vir die kleinkinders gaan word. Elke blog-post sal aan die begin noem of dit deur die my (Jnr) of my pa (Snr) geskryf is.

So hiermee nooi ek julle namens my en my pa uit om deel te word van ons geselskap soos ons deur Botswana, Zambie en Namibia toer. Ons besoek op hierdie toer 'n paar wêreld bekende landmerke, kamp op vreemde plekke en sien amazing dinge. Hierdie toer is nie net vir nou nie. Ek droom dat ek eendag om 'n kampvuur vir my seun van hierdie toer kan vertel, terwyl ek en hy ook iewers op so 'n toer sit. En dalk hy eendag ook vir sy seun. Mag dit die begin van groot dinge wees.